Trafalgar-klas duikboot

Trafalgar-klas duikboot
submarine class
Subklas vankern-aangedrewe aanvalduikbootWysig
Kort naamTrafalgarWysig
Vernoem naHMS TrafalgarWysig
Voorafgegaan deurSwiftsure-klas duikbootWysig
Opgevolg deurAstute-klas duikbootWysig
Land van oorsprongVerenigde KoninkrykWysig
OperateurBritse VlootWysig
VervaardigerVickers Shipbuilding and EngineeringWysig
Ingebruikneming1983Wysig
HMS Tireless in 2012

Die Trafalgar-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot wat missiele dra. Die klas bestaan uit sewe duibote: Trafalgar, Turbulent, Tireless, Torbay, Trenchant, Talent en Triumph. Gesamentlik staan hulle bekend as die T-bote. Die Trafalgar-klas het die Swiftsure-klas vervang. Hierdie klas was die mees gevorderdste klas in die Britse Vloot totdat die Asture-klas in gebruik geneem is. Die T-bote se ontwerp is ses jaar ná die van die Swiftsure-klas voltooi en oor 'n tien jaar periode vanaf 1983 afgelewer.

Die aflewering van die duikbote het met groot trompetgeskal geskied, die verbeteringe is veral beklemtoon. Dit sluit 'n verbeterde kernreaktor in asook die Tipe 2020 sonar. Tog was die uitleg van die duikboot aan die binnekant net soos dié van die Swiftsure en hulle was net 2,5 m langer. Daar was wel groot klem geplaas om die duikboot stiller te maak. Die sewelemskroef is vervang met pompstraal-aandrywing.

Tog was daar probleme met die klas wat groot mediapublisiteit aan die duikbote besorg het vir die verkeerde redes. Die eerste duikboot was HMS Tireless wat 'n lek ontwikkel het in een van sy verkoelingspompe in die reaktor. Die boot moes noodgedwonge sy vaart om die wêreld kortknip en het Gibraltar mank-mank bereik. Ander duikbote het ook tegniese probleme ondervind, sommige dieselfde as die van Tireless waarna die fout as die The Tireless Fault bekend gestaan het.

In die vroeë 2000's is sommige van die duikbote opgradeer sodat hulle tot minstens 2010 in diens kon bly.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search